|
|
Welkom by NG Waterkloofrif
By NG Waterkloofrif kry jy vriendelike mense. Hier is almal welkom - jy ook. By NG Waterkloofrif raak jy nie weg nie - elkeen is belangrik en elkeen word raakgesien. So maak die Here met ons. Al is daar biljoene mense op aarde, JAHWE (die HERE) sien JOU raak, Hy weet as een van JOU hare uitval. Jy is ontsettend kosbaar vir Hom. Daarom wil Hy 'n pad met jou loop.
In NG Waterkloofrif het ons nie 'n klomp frilletjies en beloftes nie. What you see is what you get. Een ding kan ons jou verseker: hier sal jy Sondag vir Sondag die WOORD van JAHWE hoor - die Bybel word gelees. Ons is 'n gemeente van die WOORD, van die SKRIF. Die Gees van Waarheid werk met ons, volgens die Skrif en deur die Skrif. Hy gebruik die Skrif om ons te onderrig in 'n wêreld wat die Skrif uitlag, wat die Skrif nie meer ken nie. Daarom sê ons aanhoudend: Moenie luister na die mens wat die erediens lei, of die Skrif lees nie, maar luister na die stem van JAHWE se Gees wat jou hart aanraak.
Wil jy beleef hoe die Gees van God met jou, in jou en deur jou werk? Kom dan met hierdie verwagting na byeenkomste toe - vra die HERE om met jou te werk - en HY sal.
|


|